Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dienslewering weerspieël nie Bela-Bela se ongekwalifiseerde ouditmening

Alhoewel die Bela-Bela-plaaslike munisipaliteit (Warmbad en Pienaarsrivier) ʼn ongekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal (OG) ontvang het vir die 2024/25-finansiële jaar, weerspieël dit nie die dienslewering wat inwoners op grondvlak ervaar nie.

Hierdie uitkoms bevestig dat die finansiële state korrek saamgestel is, maar dit beteken nie dat die munisipaliteit ’n skoon oudit het of dat dienslewering op grondvlak funksioneer soos dit behoort nie.

Die VF Plus beklemtoon dat die dissipline en erns wat op finansiële verslagdoening toegepas is, nou dringend toegepas moet word op basiese dienste soos watervoorsiening, rioolverwerking, die herstel van paaie, die voorkoming van kragonderbrekings en die beskerming van infrastruktuur teen diefstal en vandalisme.

Die ongekwalifiseerde oudit is ’n tree vorentoe, maar nie die eindbestemming nie.

Die VF Plus sal die munisipaliteit aanspreeklik hou om te verseker dat verbeterde finansiële bestuur lei tot tasbare en volhoubare dienslewering vir die gemeenskap.

Bela-Bela-inwoners verdien meer as net netjiese boeke – hulle verdien ’n munisipaliteit wat werklik werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.