Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-burgemeester se oorsigbesoek aan Germiston politieke toertjie

Die VF Plus beskou die oorsigbesoek van die burgemeester van die Ekurhuleni-metro, Nkosindiphile Xhakaza, aan Germiston as ʼn deursigtige politieke toertjie in aanloop tot die komende plaaslike regeringsverkiesing.

Ná jare van verwaarlosing daag die burgemeester skielik op om klagtes oor dienslewering aan te hoor; ʼn gebaar wat selfs op sosiale media as nutteloos beskryf is.

Germiston, wat een van Ekurhuleni se oudste dorpe is, ly onder die ANC/EFF-koalisie se bestuur met aanhoudende water- en kragonderbrekings en rioollekkasies.

Inwoners word dikwels gekonfronteer met droё krane, ontploffende transformators en reservoirs wat onder kritieke vlakke bly.

Ondernemings word verlam, werksgeleenthede gaan verlore en gesinne leef sonder die basiese waardigheid.

Vir drie jaar het die koalisie inwoners se klagtes geïgnoreer, sonder enige besoek van die burgemeester tydens watertenkwa-wagtye, skoolkinders se gebrek aan skoon water, of dae lange kragonderbrekings.

Maar nou met die verkiesing om die draai, daag die burgemeester op met baniere, duur motors en kameras in ʼn vertoon van valse besorgdheid.

Die VF Plus beskou dit as ʼn belediging vir Germiston se inwoners wat aksie verdien en nie blote politieke teater nie.

Daar sal slegs ʼn verbetering in die lewensomstandighede van Germiston se inwoners wees indien kritieke infrastruktuur dringend in stand gehou en opgegradeer word.

Die VF Plus sal binne en buite die raad veg vir volhoubare oplossings om Germiston se inwoners die diens te gee wat hulle verdien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.