Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nasionale tesourie bevind Matjhabeng se spesiale openbare werke-eenheid onreëlmatig

Die VF Plus verwelkom die bevinding van die nasionale tesourie (NT) dat die spesiale uitgebreide openbare werke-eenheid in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) onreëlmatig is.

Die NT se munisipale finansiële hersteldienste het die bevinding verlede week tydens ʼn vergadering met raadslede bekendgemaak.

Dié bedenklike eenheid word vanuit die kantoor van die uitvoerende burgemeester, David Khalipha, bedryf.

Dit word uit die munisipaliteit se eie begroting gefinansier en sekere lede ontvang tot R31 000 per maand wat tien keer meer is as wat die gemiddelde werker verdien wat aan die uitgebreide openbare werke-program (EPWP) deelneem.

Die inhoud van die verslag moet nog tydens ‘n amptelike raadsvergadering bespreek word.

Luidens mediaberigte het die NT intussen opdrag gegee dat die kontrakte van die eenheid teen Oktober gekanselleer moet word.

Die VF Plus het ook opnuut versoek dat die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) die aangeleentheid ondersoek aangesien die NT die aanstellings as vrugtelose en verkwiste uitgawes beskou.

Die burgemeester en die ANC kom al te lank daarmee weg om Matjhabeng se finansies die afgrond in te bestuur. Hulle moet nou tot verantwoording geroep word.

Die tyd het aangebreek dat inwoners se regte beskerm word en nie die sakke van uitgesoekte ANC-politici en kaders nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.