Die VF Plus neem kennis van die dagvaarding aan die onderburgemeester van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM), Gary van Niekerk, om in die handelshof van Gqeberha te verskyn weens die moontlike oortreding van finansiële- en kubermisdaadwetgewing.
Van Niekerk word aangekla van oortredings rakende die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur en die Wet op Kubermisdaad.
Alhoewel die VF Plus nie die uitslag van die hofsaak vooruit wil loop nie, word enige optrede en moontlike sanksies teen individue wat by korrupsie en bedrog betrokke is, verwelkom.
Daar moet egter ook teen enige ander amptenaar van die NMBM opgetree word wat hom of haar skuldig maak aan onwettige bedrywighede.
Bedrog en korrupsie het vernietigende gevolge vir basiese dienslewering aan inwoners.
Korrupte praktyke sal net uitgewis word met die streng toepassing van wetgewing en daar moet sonder vrees of veroordeel opgetree word teen skuldiges.


