Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Minister van sport, kuns en kultuur aanvaar VF Plus-uitnodiging om Afrikanerkultuur van nader te leer ken

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het vandag in die parlement ʼn uitnodiging van die VF Plus aanvaar om die Voortrekkermonument in Pretoria te besoek om hom eerstehands te vergewis van die Afrikaner se kultuur-erfenis.

Die monument speel ʼn groot simboliese rol in die Afrikanergemeenskap en die VF Plus is seker daarvan dat die minister baat sal vind by die besoek.

Sport, kuns en kultuur is besonders en straks die belangrikste departement van die regering aangesien daar geen kans is op sukses by enige ander departement indien daar nie harmonie is tussen die mense van Suid-Afrika nie.

Almal het al gesien hoe belangrik sport is vir nasiebou, maar die resep soos dit tot nou gevolg is, was verkeerd. Sport alleen kan dit nie vermag nie. Kuns en kultuur is ʼn onlosmaaklike bestanddeel van die nasiebou-resep.

Suid-Afrika se onderskeie gemeenskappe kan nasiebou egter nie net aan die regering oorlaat nie.

Die land is divers met baie kultuurgemeenskappe en almal moet saamwerk en na mekaar uitreik om eenheid te bewerkstellig. Mense moet mekaar se kultuur leer ken en respekteer om nasiebou te laat slaag.

Die minister was openlik met sy agtergrond en waar hy vandaan kom en het sodoende vir almal ʼn les geleer oor hoe ʼn mens kan uitstyg bo sy of haar omstandighede om die hoogste sport te bereik.

Dit wys enige mens kan ʼn verskil ten goede maak aan die omstandighede van mense rondom hom.

Die VF Plus wens minister McKenzie alle sterkte toe met sy belangrike taak en sal sy deel doen om saam te werk om ware nasiebou te bevorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.