Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Zuma moet sy dag in die hof kry

Ten spyte van die feit dat voormalige president Jacob Zuma self bedank het, moet hy steeds sy dag in die hof kry soos hy nog altyd voor gewens het.

Met sy bedanking het hy probeer om homself voor te hou as ‘n martelaar wat slegs diens wou lewer aan Suid-Afrika en sy mense en het hy selfs gespog oor hoe trou hy gehou het aan die Grondwet en dat hy die belange van die land en sy mense altyd voorop gestel het.

Die teendeel is egter waar aangesien die Grondwethof bevind het dat hy die Grondwet oortree het.

Die Grondwet bepaal dat dit die taak van die president is om eenheid en sosiale kohesie in Suid-Afrika te bevorder, maar Zuma het uit sy pad gegaan om rassepolarisasie te skep deurdat hy telkemale wittes beskuldig het vir die land se probleme wat hy grootliks geskep het

Voorbeelde hiervan is sy uitlating dat die land se probleme begin het na Jan van Riebeeck se aankoms, uitlatings oor wit monopoliekapitaal en wittes wat grond gesteel het.

Deur sulke uitlatings het hy rassewrywing geskep en homself skuldig gemaak aan die oortreding van sy grondwetlike plig.

Die ondersoek na staatskaping moet spoedig afgehandel word en Zuma se betrokkenheid daarby moet ontbloot word. Indien besluit word om hom te vervolg, kan hy dan sy dag in die hof kry soos hy gevra het.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.