Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mkhwebane trap klei as Openbare Beskermer

Die Hooggeregshof in Pretoria se tersydestelling van die Openbare Beskermer (OB), Busisiswe Mkhwebane se verslag oor Bankorp, is ‘n ernstige klad op die naam van die OB se kantoor en ‘n duidelike oorskryding van mag.

Die uitspraak, waarin ook beslis is dat Mkhwebane aanspreeklik is vir die regskoste van Absa en die Reserwebank, kan moontlik die grondslag lê vir haar ontslag.

Mkhwebane het in ‘n omstrede verslag bevind dat die Reserwebank se reddingsboei van R1.25 miljard meer as 20 jaar gelede aan Bankorp onwettig was en dat die geld terugbetaal moes word.

Gemeet aan die hoë standaarde wat die vorige OB gestel het, is dit duidelik dat die OB se kantoor onder Mkhwebane sukkel om daaraan te voldoen. Daar was onlangs ook ontevredenheid oor haar verslag oor die Estina-melkplaas waar ANC-politici nie by die ongerymdhede betrek is nie.

In die lig van die ondernemings van die nuwe staatspresident, Cyril Ramaphosa, om ‘n skoon en kundige administrasie vir die land daar te stel, is dit moontlik dat die Ramaphosa-besem moontlik ook in die OB-kantoor kan vee.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.