Suid-Afrika se sirkusagtige regering van plunderaars het ‘n verdere ernstige tol geëis. Dit het pas bekend geraak dat die land nou amptelik in ‘n resessie is met die BBP wat ‘n tweede agtereenvolgende termyn negatief gegroei het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.
Adv. Alberts sê dit kan toegeskryf word aan die afgraderings wat nou eindelik daartoe gelei het dat die land se groei gedemp is tot ‘n fraksie van wat dit kon wees onder ‘n verantwoordelike president en regering.
Hy sê die armstes gaan die druk eerste voel waarna dit die middelklas gaan verarm. Dis natuurlik die resep waarop die EFF sy hoop skoei om op ‘n rewolusionêre wyse die land oor te neem en hoe die ANC deur verarming sy kiesers probeer beheer.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403