Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Zuma dwaal oor geweldsmisdaad en sterftes in polisie

“Pres. Jacob Zuma se opmerking dat die kultuur van geweldsmisdaad in Suid-Afrika toegeskryf kan word aan apartheid en kolonialisme, is bewys dat hy dwaal en in ’n staat van ontkenning is. Dit is ook bewys dat hy eintlik erken dat hy nie weet hoe om die probleem op te los nie. Hy en sy regering is die grootste oorsaak van geweldsmisdaad omdat hulle nie armoede kan uitskakel nie en nie werksgeleenthede skep nie,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Zuma maak bokspronge oor die geweld in Suid-Afrika en het verlede maand gesê daar moet gekyk word om Suid-Afrika ’n wapenvrye land te maak. Nog ’n teken van sy onkunde. Verder stel Zuma en sy regering die voorbeeld van wetteloosheid deur nie eers ’n hofbevel in die Al Bashir-geval te gehoorsaam nie. As die president nie eers die wette gehoorsaam nie, hoekom sal misdadigers dit wil doen.

“Hoewel almal die moorde op lede van die polisie veroordeel moet daar gekyk word na die opleiding en waaksaamheid van die polisielede. Behoorlike opleiding van “straatoorlewing” moet plaasvind. Misdadigers weet dat baie polisielede swak opgelei is en daarom is hulle nie meer bang vir die polisie nie. Zuma is deel van die probleem omdat hy al twee onbevoegde nasionale kommissarisse (Cele en Phiyega) van polisie aangestel het. Dit het tyd geword dat Zuma ‘n nasionale kommissaris met ervaring en kundigheid van polisiewerk aanstel. Indien dit nie gebeur nie sal geweldsmisdaad steeds toeneem in Suid-Afrika,” sê Groenewald

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.