Die nasionale regering en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, probeer nou die blaam vir haglike toestande van die Zithabiseni kwarantyn-gerief in Mpumalanga skuif na die provinsiale regering van Mpumalanga.
Dit het gister geblyk uit ‘n parlementêre portefeuljekomitee-vergadering vir openbare werke en Infrastruktuur.
Die VF Plus het tydens die vergadering die aandag van minister De Lille gevestig op die stand van die kwarantyn-gerief waaroor die VF Plus al klagtes ontvang het en die minister is daarop gewys dat probleme soos swak kos, ‘n tekort aan water en elektrisiteit asook algehele higiëne ver tekort skiet by die gerief.
Volgens die VF Plus is dit duidelik is dat hierdie gerief, wat beskikbaar gestel is vir mense wat vanaf buurstate oor die grens kom, geensins gereed is om mense vir kwarantyn te ontvang nie. Sulke kwarantyn-geriewe moet bekend gemaak moet word aan lede van die parlement sodat lede hul oorsigrol daaroor kan uitvoer.
Die stand van die geriewe is besig om ‘n groot probleem te raak en dit moet reggestel word. Die plekke is onbewoonbaar en dit is onaanvaarbaar dat mense daar gehuisves word. Die VF Plus het daarop aangedring om te weet wat die regering gaan den om die probleem op te los.
Die direkteur-generaal van die departement, mnr. Sam Vukale, het daarop geantwoord dat die geriewe die verantwoordelikheid is van die betrokke provinsiale regerings.
Die VF Plus het minister De Lille daarop gewys dat dit duidelik blaamverskuiwing is en het haar versoek om die saak dringend op te neem met die minister van gesondheid oor die probleme wat tans by hierdie geriewe regoor die land ondervind word.
Kontaknommer: 060 556 4347