Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje-munisipaliteit (Kimberley en omstreke) se munisipale bestuurder dalk onwettig in sy pos

Kimberley, provinsiale hoofstad van die Noord-Kaap, is na twee jaar steeds sonder 'n permanente munisipale bestuurder. Soos wat die VF Plus in die Sol Plaatje-munisipale raad gewaarsku het, word die mees onlangse poging om 'n waarnemende munisipale bestuurder aan te wys, binnekort in die hof betwis.

Die krisis het in 2018 begin toe die destydse munisipale bestuurder en die finansiële hoof geskors is. Daardie saak is steeds nie afgehandel nie en verskeie persone moes reeds in die twee poste waarneem.

Stabiliteit het laat in 2019 begin terugkeer toe die LUR vir plaaslike regering, mnr. Bentley Vass, persone uit die provinsiale regering na die poste gesekondeer het.

Die tydperk van ses maande wat iemand in 'n senior munisipale pos kan waarneem, sou kort na die instelling van die inperkingsperiode verstryk. Die LUR het die termyn egter verleng omdat 'n vergadering om nuwe mense aan te wys, onwettig sou wees. Dit was ook die standpunt van die VF Plus.

Die munisipale raad het nietemin byeengekom en nuwe persone as waarnemers in die twee senior poste aangewys. Die VF Plus het nie aan die proses deelgeneem nie.

Hierdie aanstellings word nou deur die munisipale werkersvakbond, SAMWU, in die hof betwis. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die aanstellings onreëlmatig was en dat die hof dit ter syde sal stel.

Kontaknommers: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.