fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City-speaker belê spesiale raadsvergadering om salarisverhogings goed te keur terwyl behoeftiges honger ly

Die VF Plus is geskok deur die optrede van die speaker van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift), me. Noluthando Mangole, wat te midde van ‘n nasionale ramptoestand meer as 77 stadsraadslede en amptenare Donderdagoggend byeen wil bring om deel te neem aan ‘n spesiale raadsvergadering om salarisverhogings vir raadslede te bespreek.

Mangole tree onverantwoordelik op terwyl die land moet gehoor gee aan die regulasies wat ingevolge die Rampbestuurswet afgekondig is. Sy het geen maatreëls vooraf aangekondig hoe sy die veiligheid van raadslede gaan verseker nie. Raadslede is slegs gevra om vroegtydig by die Eeufeessaal in Krugersdorp, waar stadsraadsvergaderings tradisioneel gehou word, aan te meld sodat Covid-19-regulasies gevolg kan word.

Die tweede item op die agenda vir bespreking is die verkiesing van ‘n voorsitter van die openbare munisipale rekeningekomitee nadat Bongani Nkosi van die IVP as lid van die burgemeesterskomitee aangestel is.

Die VF Plus is nie gekant teen die werksaamhede van stadsrade gedurende die staat van inperking nie, maar daar moet gehoor gegee word aan nasionale regulasies. Virtuele vergaderings is algemeen en tegnologie word suksesvol op nasionale- en provinsiale vlak ingespan.

Dit is egter uiters onsensitief om sake soos salarisverhogings en die verkiesing van ‘n nuwe komiteevoorsitter op die agenda te plaas in ‘n tydperk waarin mense honger ly en baie hul werk verloor het.

Die party sal eerder wil sien hoe Mangole ‘n helpende hand na klein- en mediumgroot sake-ondernemings uitreik om sakelui tegemoet te kom gedurende die tydperk waar baie noodgedwonge hul deure moet sluit. Talle ondernemings is nog nie toegelaat om hul deure te open nie en kan moontlik permanent sluit.

Die VF Plus gaan Mangole versoek om vooraf aan te dui hoe die Covid-19-regulasies rakende higiëne tydens die vergadering toegepas gaan word.

Kontaknommer: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.