fbpx
Vryheidsfront Plus

Wysigings aan Maatskappyewet sal entrepreneurskap en ondernemingsgees teëwerk

Hoe slegter dit met die land se ekonomie gaan weens skadelike ANC-beleid, hoe meer ywerig gaan die regering voort om wetgewing uit te ryg wat selfs die oorblyfsels van die ekonomie kan vernietig.

Die huidige Wysigingswetsontwerp op die Maatskappyewet is ʼn voorbeeld.

Die pad vir diegene wat wil waag, werk, bou en belê, word met klippe en dorings besaai ten koste van ʼn vakbondgedrewe mentaliteit van aanspraakmaking sonder prestasie.

Die wetsontwerp sluit ‘n omstrede vereiste vir groot maatskappye in om hul uitvoerende vergoeding aan die aandeelhouers bekend te maak vir goedkeuring.

Dit sluit inligting in wat die vergoeding van die hoogs besoldigde amptenare vergelyk met dié wat die minste in ʼn onderneming of maatskappy verdien. Alles natuurlik om die “loongaping” te belig.

Maatskappye kan ook verplig word om geregistreerde aandeelhouers te versoek om inligting te verskaf oor wie in beheer van hul aandeleportefeuljes staan.

Een van die gewaande hoofdoelwitte van die wetsontwerp om die proses vir die bepaling van uitvoerende vergoeding vir groot maatskappye meer deursigtig te maak.

Wat die “loongaping” aanbetref, word ʼn vereiste gestel dat die totale vergoeding van die top 5% van die hoogs besoldigde persone in ʼn maatskappy vergelyk moet word met die 5% wat die minste verdien.

Die gelaaide betekenis hiervan spreek vanself: Hoofsaaklik dat werkers uitgebuit word. So ook die verontagsaming van vaardighede en waarde van werknemers onderling.

Die wysigingswetsontwerp maak duidelik die deur oop vir groter regeringsinmenging in die eienaarskap van maatskappye en die maatskappytribunaal sal die gesag hê om BBSEB met groter dringendheid af te dwing.

Dit word gedoen ongeag die gevolge daarvan. Ongeag of kundigheid die land gaan verlaat, of dit beleggers verder gaan afskrik en of dit gaan help om die ekonomie verder oor die afgrond te druk.

Dit is verstommend dat die ANC nieteenstaande die toestand van die ekonomie en die beskikbaarheid van kundige raad steeds toelaat dat ideologie en die greep van vakbonde die land vernietig.

Suid-Afrika kan nog net gered word deur in 2024 van die regering by die stembus ontslae te raak en hom te vervang met ʼn koalisie waarvan die VF Plus deel is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.