fbpx
Vryheidsfront Plus

Wysiging aan Grondwet oor mosies van wantroue stap in regte rigting

Die voorgestelde wysiging aan die Grondwet oor die gereeldheid van wantrouemosies in die land se president, die kabinet, ʼn provinsiale premier of die uitvoerende gesag van ʼn provinsie, word verwelkom.

Mosies kan tans onbeperk gebring word wat meestal lei tot groot ontwrigting en onsekerheid in die regering wat betrokke is, op welke vlak ook al.

Soos male sonder tal gesien, veroorsaak dit groot ontwrigting wat dienslewering aanbetref en belastingbetalers is die verloorders.

Dit is verstandig om te voorsien dat daar met die verkiesing aanstaande jaar waarskynlik koalisies sal wees in sekere provinsies, en dalk ook op nasionale vlak.

Die voorgestelde wysiging stel voor dat mosies beperk word tot slegs een mosie oor ʼn periode van twaalf maande.

Die VF Plus steun die wysiging in belang van stabiliteit wat broodnodig is op die betrokke vlakke van regering. Op dié wyse sal ʼn verkose regering kan regeer sonder voordurige mosies en die ontwrigting wat dit meebring.

ʼn Verdere positiewe aspek is dat dit steeds voorsiening maak vir mosies in uitsonderlike gevalle.

Een hiervan is indien daar ʼn verbreking van die bepalings van die Grondwet is deur ʼn spesifieke persoon, óf ʼn growwe onreëlmatigheid deur ʼn persoon of indien ʼn persoon onbevoeg raak vir sy werk.

In geheel gesien bring dit ʼn gebalanseerde benadering betreffende stabiliteit enersyds asook om steeds die geleentheid te bied om veranderings te bring waar nodig. Die VF Plus steun die voorgestelde wysiging.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.