Die VF Plus in Midvaal het onlangs dié munisipaliteit gewaarsku dat betalings aan wykskomiteelede vir uitgawes moontlik onwettig is. Indien dit die geval is, sal daardie wykskomiteelede heel moontlik die geld moet terugbetaal, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Sedibeng.
Hoffman sê ingevolge bestaande wetgewing moet lede vergoed word vir werklike uitgawes waarvoor daar bewys gelewer moet word. Tans word daar egter ‘n vasgestelde bedrag aan wykskomiteelede betaal waarvoor hul geen bewys hoef in te dien nie.
“Die VF Plus is van mening dat die DA hierdie stelsel misbruik deur wykskomiteelede te vergoed eerder as om aktiewe en breedvoerige verteenwoordiging aan te moedig. Die stelsel van openbare deelname word hierdeur verswak deurdat blote saampraters geskep word en konstruktiewe kritiek ontmoedig word.
“Die VF Plus in Midvaal onderneem om hierdie aangeleentheid behoorlik te ondersoek om seker te maak dat daar streng aan die vereistes van wetgewing voldoen word,” sê Hoffman.
Kontaknommer: 071 640 7283