Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gupta-uitspraak bevestig standpunt oor Vrede-suiwelprojek

Die bewaringsbevel wat deur die Vrystaatste Hooggeregshof teen die Gupta-maatskappy Estina (Edms.) Bpk toegestaan is, word deur die VF Plus verwelkom en is bevestiging van die party se standpunt oor die knoeiery agter die skerms van die Vrede-suiwelprojek deur die Vrystaatse departement van landbou en ander rolspelers, het Wouter Wessels, VF Plus-LP en woordvoerder oor landbou-aangeleenthede gesê.

“Die betrokke amptenare en politici, soos premier Ace Magashule en minister Mosebenzi Zwane moet persoonlik verantwoordbaar gehou word vir die ooglopende kriminaliteit wat met die projek gepaard gegaan het.

“Die VF Plus het gedurende 2017 reeds skerp beswaar gemaak teen die departement se versuim om hul jaarverslae vir die 2014/15 en 2016/17 boekjare ter tafel te lê.

“Dit is ‘n duidelike aanduiding dat die departement poog om iets weg te steek en het die regter ons nou reg bewys. Die VF Plus dring steeds op ‘n forensiese oudit van alle oorbetalings deur die departement aan implementeringsagente, soos Estina aan.”

Volgens Regter Fouché Jordaan was die aanstelling van Estina deurspek met ongerymdhede, was dit nie volgens die bepalings van artikel 217 van die Grondwet gedoen nie en was dit dus ongeldig. Boonop het die maatskappy geen landbou-ondervinding nie en bestaan daar geen geloofwaardige verduideliking of regverdiging vir waarom so ‘n maatskappy, sonder dat die nodige wetlike stappe gevolg is, aangestel is nie.

“Die VF Plus se grootste beswaar was teen die uitbetaling van nagenoeg R300 miljoen deur die Vrystaatse departement van landbou aan sogenaamde implementeringsagente, soos Estina, om landbou-ontwikkelingsprojekte te befonds, te bestuur en te ondersteun. Die fondse is links en regs uitbetaal, sonder dat daar behoorlik boekgehou word daarvan. Bates is aangekoop en betalings is gemaak, maar daar is geen behoorlike finansiële rekords van sodanige betalings gehou nie. Dit is hoe betalings aan verskeie maatskappy met Gupta-bande gemaak is en ook hoe die opspraakwekkende Gupta-troue in 2013 by Sun City na bewering betaal is.

“Mosebenzi Zwane, huidige minister van minerale hulpbronne en destydse LUR van die departement was regstreeks betrokke by die Vrede-suiwelprojek en het self die grond gekies waarop dit gevestig is. Hy het ook ‘n reis na Indië onderneem om glo meer te leer oor melkprodusering. Hy het die reis saam met ‘n raadgewer van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en ander werknemers van sy departement onderneem. Gedurende ‘n verskyning oor staatskaping voor die parlementêre komitee van minerale hulpbronne in Oktober verlede jaar, het Zwane ook gepoog om die projek te verdedig.

“Dit is onaanvaarbaar dat landbou-ontwikkelingsprojekte vir die verryking van korrupte politici en hul vriende aangewend word. Die gemeenskap wat moes baat by die Vrede-suiwelprojek krepeer reg langs die plaas, omdat dit drooggemelk is deur onreëlmatighede en selfverryking.

“Elke onproduktiewe landbouprojek wat lei tot onproduktiewe landbougrond, soos dié een wat die belastingbetaler nagenoeg R570 miljoen gekos het, het ‘n direkte impak op voedselsekerheid. Ons landbousektor bloei en gaan gebuk onder geweldige druk.

“Die VF Plus eis dat die Openbare Beskermer se verslag oor die Vrede-suiwelprojek bekend gemaak word en sal die kwessie op alle vlakke beveg tot die skuldiges aan die pen gery het,” het Wessels gesê.

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.