fbpx
Vryheidsfront Plus

WVK-ondersoeke gaan in heksejag ontaard

Die voorneme om ’n spesialiseenheid te stig waarmee die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke misdade uit die vorige bedeling met ’n vae stel kriteria wil ondersoek, gaan in ’n heksejag ontaard.

Die VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, het geskrewe parlementêre vrae hieroor gestel aan die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola. (Volledig vrae en antwoorde onderaan verklaring)

Kriteria soos openbare belang en die versoek van familielede wat gebruik gaan word om te bepaal of sake ondersoek moet word, is wyd en nie gegrond op regsbeginsels nie. Dit kom neer op ’n heksejag wat onaanvaarbaar is.

Minister Lamola het onder meer geantwoord dat altesame 114 sake ter sprake is en dat die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (DPMO) by die ondersoek betrokke gaan wees.

Die ondersoek raak veral oud-lede van die land se veiligheidsmagte soos die polisie.

Dit sou onbillik wees om bykans 19 jaar na die afsluiting van die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) se werksaamhede ondersoeke in te stel wat gegrond word op ‘n vae en wye raamwerk van moontlike betrokkenheid by misdaad.

Aan die kant van die ANC is ook baie mense wat hulle skuldig gemaak het aan misdrywe en dan behoort dit ook ondersoek te word.

Dit maak die versoeningsideaal van die WVK totaal ongedaan en is nie in belang van nasiebou in Suid-Afrika nie. Hierdie boek moet nou toegemaak word. Dit was die doel van die WVK.

Dit is onsinnig om die ou wonde van nuuts af oop te krap terwyl die land soveel ander ernstige probleme het waarop eerder gefokus moet word.

Daar is ernstige misdaad soos plaasaanvalle wat eerder spesialis-ondersoekspanne regverdig waarop die owerhede hul tyd, energie en geld kan bestee.

 

Vraag en antwoord:
[Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Justice and Correctional Services:†
(1) What total number of cases emanating from the Truth and Reconciliation Commission (a) does the National Prosecuting Authority intend to refer and/or (b) has it already referred to the Directorate for Priority Crime Investigation (DPCI);
(2) which criteria are used to determine what cases are ultimately referred to the DPCI;
(3) whether he will make a statement on the matter?
NW1843E]

REPLY:

(1) As at 25 May 2021, 55 TRC cases have been referred to the DPP Offices in the jurisdictions where the crimes were committed. These cases are all being investigated by the DPCI. A further 59 cases have been identified as warranting investigation, which will be referred to the regions once there is the necessary capacity in the NPA / DPP Offices.
(2) Cases are referred to the DPCI either because of the public interest which they attract or due to requests being made by relatives of the victims or other interested parties. The cases are referred merely upon request and are not subject to any pre-evaluation process.
(3) Yes, I will make a statement.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.