Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die familie van Vera Nel (67) wat op 29 Junie 2021 aan Covid-19 oorlede is.
Vera was ‘n jare lange inwoner van Witbank wat onvermoeid vir die gemeenskap gewerk het om dienslewering te verbeter.
Sy was ook ‘n stoere ondersteuner van die VF Plus en haar meelewing en vreeslose lewensuitkyk is eienskappe wat onthou sal word.
Vera, soos soveel ander moeders en vrouens, was 'n sterk pilaar vir haar gesin en gemeenskap.
Sy word oorleef deur haar man Bertie, kinders Louis en Annika en kleinkinders.
Die VF Plus bid die naasbestaandes vrede en berusting toe met hul verlies.


