fbpx
Vryheidsfront Plus

Wit en bruin onderverteenwoordig in Mpumalanga se regeringsdepartemente

Wit en bruin mense is onderverteenwoordig in Mpumalanga se regeringsdepartemente.

Dit is nieteenstaande die uitsprake van mnr. Speedy Mashilo, leier van regeringsake in die Mpumalanga-wetgewer, dat die ANC nie velkleur raaksien tydens die aanstellings van personeel nie.

Die syfers vertel ook 'n ander verhaal oor die diskriminering teen wit en bruin wanneer dit by werksgeleenthede kom.

Die VF Plus het dié toedrag van sake bevraagteken, waarop mnr. Mashilo geantwoord het dat die ANC persone van alle rasse wat oor die nodige kwalifikasies beskik aanstel.

Hy het ook lede van minderheidsgroepe aangemoedig om aansoek vir staatsposte te doen.

Statistiek van die wetgewer se 2021/22-finansiële jaarverslae maak dit duidelik hoe daar toenemend teen wit en bruin gediskrimineer word.

Waar minderheidsgroepe gemiddeld 9,35% van die provinsie se bevolking uitmaak, is hul verteenwoordiging in die provinsiale regeringsdepartemente tussen 0,8% en 5% van die totale werknemerskorps.

Provinsiale tesourie behaal die hoogste persentasie vir die indiensneming van minderheidsgroepe met 5,1%, gevolg deur die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme met 4,9%.

Departemente met die laagste aantal is gemeenskapsveiligheid met 3%, landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake met 2,6% en maatskaplike ontwikkeling met slegs 0,8% van sy 1 981 werknemers wat vanuit minderheidsgroepe aangestel is.

Indien die ANC-regering in Mpumalanga werklik dienslewering wil verbeter, sal hy wegdoen met regstellende aksie (RA).

Die ANC-regering moet besef dat sy teikens nou bereik is. Hy moet ophou om teen minderhede te diskrimineer.

Indien daar voortgegaan sou word om RA te dryf soos tot nou toe gedoen is, sal minderheidsgroepe binne enkele jare totaal uit die staatsdiens verdwyn.

Die VF Plus gaan die regering hieroor konfronteer en eis dat meer mense uit minderheidsgroepe aangestel word soos mnr. Mashilo onderneem het om te doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.