Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skande dat Sol Plaatje-raad nie kworum kry met vergadering

Dis ‘n skande dat die laaste raadsvergadering van die huidige termyn van die Sol Plaatje-munisipaliteit vanoggend weens swak bywoning nie kon voortgaan nie.

Die raad kon nie ‘n kworum vorm nie. Uit 66 raadslede het slegs 23 opgedaag, waarvan 7 opposisielede was (VF Plus 2, DA 3, PA 1, ACDP 1) en 16 ANC-lede.

Die VF Plus beskou dié afwesigheid as minagtend teenoor die publiek. Raadslede word deur die publiek verkies en betaal om hier te wees. Op die laaste vergadering, waar belangrike sake vir Kimberley afgehandel moes word, bly hulle weg.

Die vraag is hoe inwoners kan vertrou dat hierdie partye hulle sal dien ná die verkiesing as hulle nou nie eers opdaag om te werk nie.

Sake op die agenda het ingesluit die vervreemding en verhuring van munisipale eiendom, die aanstelling van die munisipale verkiesingsbeampte en heraanstelling van die raad se voorsitter van risikobestuur.

Eiendomsbesluite het altyd ʼn aanloop waarvan nuwe raadslede nie kennis het nie. Daarom was hierdie vergadering van groot belang.

Die speaker het genoem dat ʼn vergadering volgende week sal plaasvind. Tyd sal leer wanneer ‘n amptelike kennisgewing plaasvind en of raadslede dit dán belangrik genoeg sal vind om op te daag.

Die VF Plus versoek die speaker van Sol Plaatje, me. Dipuo Peters, om gereeld die bywoningsregister van vergaderings bekend te maak, in besonder van hierdie mislukte vergadering.

Elke inwoner het die reg om te sien watter partye en watter raadslede hul werk doen en watter afwesig is.

Inwoners van Kimberley verdien beter. Hulle stem vir verteenwoordiging, nie vir leë stoele nie. Dit is tyd dat raadslede opdaag en werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.