fbpx
Vryheidsfront Plus

Wetsontwerp wil probleme takel wat gewone treinpendelaars teister

Duisende Suid-Afrikaners wat uitgelewer is aan die talryke veiligheidsprobleme en beproewings wat spoorpendel daagliks inhou, kan dalk verligting kry met die Wetsontwerp op Spoorwegveiligheid.

Dit is nou indien die wet enigsins in die praktyk gestalte vind.

Die doel van die wetsontwerp is hoofsaaklik die verbetering van die algemene veiligheid van treingebruikers en om te verseker dat spoorvervoer weer ʼn aantreklike opsie raak.

Soos die situasie tans is, is spoorvervoer een van die vele speke van Suid-Afrika se ekonomiese wiel wat onder die ANC bykans geheel en al uitgeval het.

Spoorvragvervoer het bykans tot ʼn stilstand gekom wat operasionele doeltreffendheid aanbetref en het onlangs ʼn groot negatiewe invloed gehad op die kraglopie van die land se kommoditeite.

Die landbougemeenskap het ook oor jare bergingsilo’s langs spoorlyne opgerig om vervoer te vergemaklik. Dit het ook onder die ANC feitlik in wit olifante verander tot groot nadeel van die ekonomie en die land se paaie.

Die wetsontwerp lê sterk klem op opleiding met die veronderstelling dat opgeleide persone kritieke take moet uitvoer. Dit sluit in treinbestuurders, tegnici en veiligheidspersoneel. Die ANC het egter by herhaling gewys dat kaders voorrang geniet bo kundigheid.

Openbare verhore oor die wetsontwerp is in al nege provinsies gehou en is goed bygewoon. Die publiek se insette het ʼn groot bydrae gelewer tot sekere wysigings in die wetsontwerp.

Hiervan is meestal dinge wat gewone pendelaars se veiligheid daagliks raak soos onveilige oorgange, ontoereikende omheinings, kabeldiefstal wat treine en passasiers vir ure op afgeleë plekke gestrand laat en passasiersdruk in spitstyd om plek te kry wat beserings veroorsaak.

Ander klagtes was oor vuil stasies en toilette wat buite werking is en veral oor die gebrek aan veiligheid op stasies en treine waar passasiers na willekeur aangeval en beroof word deur misdadigers wat in groepe optree.

Die publiek het min vertroue in die huidige sekuriteitsbeamptes en wil die terugkeer van die polisie op treine en stasies sien.

Die feit dat Transnet die hand van die private sektor as vennoot weggeklap het, maak die kans op sukses met die planne baie skraal. Die ANC is bloot nie in staat om enigiets te verbeter nie.

Die agteruitgang kan tewens net aan die regering toegeskryf word en die staat het boonop nie die fondse om die vervoerstelsel op te knap nie.

Die wetsontwerp kan onder ʼn bekwame regering wel groot en nodige verbeterings bring. Onder die ANC sal dit nie gebeur nie.

Kiesers kry in 2024 die geleentheid om ʼn bevoegde regering te kry deur vir eens van die ANC ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.