fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering kan nie vertrou word met enigiets van kulturele waarde

Die brand wat die museum en stadsaal in Lichtenburg gisteraand vernietig het, is weereens ʼn bewys dat niks van enige waarde, in die geval kulturele waarde, in die sorg van die ANC-regering toevertrou kan word nie.

Ten spyte van jarelange versoeke en waarskuwings van die VF Plus en ander belangegroepe, is hierdie kulturele skatte weens of onbevoegdheid of moedswilligheid van die ANC-beheerde Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit vernietig.

Die feit dat private maatskappye hul brandweerwaens na die toneel moes ontplooi omdat die owerhede se brandweerwaens sonder water opgedaag het spreek boekdele.

Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum het uitstallings oor die stigting van Lichtenburg in 1873, sy ryk diamantgeskiedenis, generaal De la Rey en die beleg van Lichtenburg in die 1899-1902 Anglo-Boereoorlog gehuisves.

Die ossewa van genl. De La Rey se vrou, Nonnie, is onder meer ook deel van die uitstalling gewees.

Dit is ʼn skreiende skande en weerspieël die ANC en sy meelopers se minagting vir Suid-Afrika en Lichtenburg se inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.