fbpx
Vryheidsfront Plus

Staan saam met die VF Plus op teen Bela-wet

Die parlement se Nasionale Vergadering (NV) stem môre (Donderdag 26 Oktober) oor die omstrede Bela-wetsontwerp wat verreikende gevolge vir basiese onderwys in Suid-Afrika inhou.

Saam met die poging om onteiening sonder vergoeding deur te dryf, is Bela ‘n verbreking van die skikking van 1994. Die VF Plus was nog nooit baie beïndruk met daardie skikking nie.

In stede daarvan dat kultuurgemeenskappe die reg tot selfbeskikking gekry het, is sogenaamde wigte en teenwigte, saam met sekere toegewings, gebruik om die skikking aanvaarbaar te maak.

Openbare skole, pleks van staatskole, was een daarvan. Dit is alles onderhewig aan die grille van ‘n magsbehepte, maar onbekwame, ANC-regering.

Daarom neem die VF Plus môre om 12:00, voor die parlementsitting wat om 14:00 begin, saam met ander partye en groepe deel aan ‘n protesaksie by die hekke van die parlement waar die VF Plus (dr. Wynand Boshoff) ook ʼn spreekbeurt gaan kry.

VF Plus-ondersteuners word aangemoedig om hul teenstand teen hierdie voorgestelde wet tasbaar en duidelik te wys deur die protesaksie by te woon.

Belangstellendes word gevra om reeds teen 11:30 by die standbeeld van genl. Louis Botha byeen te kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.