fbpx
Vryheidsfront Plus

Solank ANC regeer sal kragkrisis bly

(Parlementsdebat: Verklaring van elektrisiteitsminister oor die energie-aksieplan en kort- en mediumtermyn-ingrypings om die intensiteit en frekwensie van beurtkrag te beperk)

Die naam van Suid-Afrika se kragprobleem is die ANC en die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, is bloot ʼn beeldpoetser vir die regering sonder enige werkbare plan om die land uit die krisis te kry.

Gewone operasionele funksionaliteit word deur die ANC-regering aangegryp en voorgehou as suksesse in die stryd teen beurtkrag. Dit terwyl die regering self vir die krisis verantwoordelik is.

Die minister is reg wanneer hy sê Eskom is in ʼn diep, donker gat. Hierdie gat het die ANC self gegrawe. Suid-Afrikaners het tot dusver vanjaar altesame 64 dae sonder elektrisiteit ervaar weens beurtkrag.

Die minister spog dat daar vordering gemaak word met die kragprobleem terwyl die energiebeskikbaarheidsfaktor steeds onder 60% is. Dit moet boonop gesien word teen die agtergrond van ʼn krimpende aanvraag en ʼn groter kragbydrae van die private sektor.

Die huidige vermindering in beurtkrag is net tydelik en soos in 2008 gesien is, is die verduideliking hiervoor waarskynlik die verkiesing wat op hande is. Net om ná die verkiesing met ʼn groter probleem te sit.

Die minister is ook reg oor rol van bankrot munisipaliteite in die aangeleentheid.

Daar word vir jare al gepraat oor planne om agterstallige kragskuld in te vorder en te verminder. Daarvan het niks gekom nie en die minister bied ook steeds geen oplossing daarvoor nie.

Die grondoorsaak van die land se kragprobleme het by die ANC self begin deur ʼn gebrek aan verantwoordbaarheid en korrupsie. Werkbare beleidsbesluite is nodig om die probleem reg te stel.

Dit moet gegrond wees op die realiteit en nie politieke ideologie nie. Verantwoordbaarheid en gevolge vir misdrywe moet onderliggend aan die oplossing wees en dit is nie eie aan die ANC nie.

Die kragkrisis moet op ʼn volhoubare wyse opgelos word deur deregulering en die skep van ʼn mededingende mark wat opwekking en verspreiding aanbetref.

Eindelik kan daar net werklik van die probleem ontslae geraak word deur die ANC te verwyder as regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.