Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wellington-brande: Distriksmunisipaliteit en Wes-Kaapse regering faal landbougemeenskap

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaapse regering het die landbougemeenskap van Wellington liederlik gefaal met die onlangse brande wat vanaf 18 tot 23 Februarie gewoed het.

Dié brande het derduisende rand se skade veroorsaak en bykans 1 630 hektaar se plantegroei en oeste vernietig.

Verskeie grondspanne van verskillende instansies, boere en hul werkers het gehelp om die brand te bestry.

Die distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaapse regering het geen lugvleuel beskikbaar gestel om hiermee te help nie.

Die verweer dat ʼn lugvleuel geen inpak sou maak op die brand in Wellington nie weens die beboste gebied en dat geen eiendom of lewens bedreig is nie, is van alle waarheid ontbloot.

Met die brand in Paarlberg in November 2024 is nie minder nie as drie helikopters beskikbaar gestel om die brand te blus. Met die huidige brand op Tafelberg word helikopters ontplooi om te help.

Landbouleiers, privaat persone en – instansies het ingespring om ʼn noodfonds te stig om ʼn helikopter beskikbaar te stel. ʼn Privaat maatskappy het ook sy vastevlerkvliegtuig beskikbaar gestel op sy eie koste.

Die VF Plus bedank elke brandslaner, die landbougemeenskap en privaat instansies wat die brand in bedwang gebring het in uiters moeilike omstandighede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.