Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wees versigtig vir swendelaar wat aanbied om dossiere te skrap

Die VF Plus waarsku die inwoners van Gauteng om dadelik ʼn saak by hul naaste polisiekantoor aanhangig te maak indien enigiemand aanbied om ʼn dossier van die hofrol te skrap.

Inwoners het die party gekontak en gesê dat ʼn persoon hulle geskakel en omkoopgeld gevra het om ʼn dossier te laat verdwyn.

Die persoon, wat hom as ʼn polisielid voordoen, skakel gewoonlik mense wat vir bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem is.

Die persoon verseker mense dat hy saam met aanklaers van die betrokke landdroshof werk.

Dit blyk dat die persoon toegang tot die polisiestelsel het.

Die aangeklaagde word van die dossiernommer voorsien asook al die inligting wat in die dossier vervat is.

Die party is in besit van opnames tussen ʼn aangeklaagde en ʼn swendelaar wat reeds in die polisie se besit is.

Mense wat vir bestuur onder die invloed van alkohol aangekla is, moet hulle nie aan nog ʼn verdere oortreding skuldig maak nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.