Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Watertrok-kontrakteurs vul glo privaat swembad terwyl Bethal-inwoners sonder drinkwater sit

Terwyl inwoners van Bethal in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Secunda, Bethal, Trichard, Evander, Kinross, Charl Cilliers, Leandra) reeds vir maande onder ʼn ernstige waterkrisis gebuk gaan, het ʼn munisipale watertrok-kontrakteur na bewering ʼn inwoner se privaat swembad met water gevul.

Dit ten spyte van streng waterbeperkings en terwyl inwoners ure lank moet wag vir ʼn watertrok om hulle van die nodigste te voorsien.

Hierdie optrede is ’n ernstige oortreding van munisipale waterbeperkings en ’n duidelike teken van wanadministrasie.

’n Formele klag is by munisipale bestuurder, mnr. Elliot Maseko, ingedien met ’n eis vir ’n onmiddellike en deursigtige ondersoek na die voorval. Die ondersoek het reeds begin.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat die munisipaliteit inwoners daagliks tot waterbesparing oproep, terwyl sy eie kontrakteurs die reëls oënskynlik blatant ignoreer. Indien die ondersoek die misbruik bevestig, moet daar onmiddellik dissiplinêre stappe gedoen word en die kontrakteur moet ten volle finansieel aanspreeklik gehou word vir die water.

Geen dubbele standaarde kan geduld word nie.

Geen persoon of kontrakteur staan verhewe bo die wet of die regulasies wat vir die hele gemeenskap geld nie.

Die proses sal noukeurig gemonitor word om te verseker dat dit nie net ’n oëverblindery is nie, maar lei tot werklike, eerlike en konsekwente bestuur van skaars waterhulpbronne.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.