Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kommer oor ongemete wateronttrekking uit Ekurhuleni-brandkrane

Die VF Plus is bekommerd oor beeldmateriaal uit Fieldweg, Witfield (Boksburg), wat wys hoe water sonder enige beheer, toesig of meting direk vanuit ’n brandkraan in ’n munisipale watertenkwa van die Ekurhuleni-metro gepomp word.

Hoewel brandkrane as vullingspunte gebruik kan word, moet dit streng volgens voorgeskrewe protokolle geskied. Dit sluit in die gebruik van gemagtigde punte waar onttrekking gemeet en aangeteken word.

Brandkrane is kritieke noodinfrastruktuur wat primêr vir brandbestryding bedoel is en onbeheerde misbruik plaas druk op waterbronne en stel gemeenskapsveiligheid in gevaar.

Hierdie voorval beklemtoon die metro se onvermoë om sy eie hulpbronne te bestuur.

Tydens ’n gesamentlike komiteevergadering in Desember 2025, is bevestig dat Ekurhuleni reeds 30,29% van sy water verloor – ’n syfer wat ook in die jongste geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vervat is.

Omdat waterverbruik gereeld die metro se gelisensieerde perke oorskry, pas Rand Water reeds beperkings toe.

Die VF Plus is bekommerd oor die sistemiese gebrek aan beheer oor kritieke waterinfrastruktuur en die gepaardgaande swak monitering wat weens die nienakoming van reëls deur amptenare vererger word. l

Hierdie situasie dui op diepgaande operasionele kapasiteitstekorte en ‘n totale gebrek aan aanspreeklikheid vir die massiewe waterverliese wat die metro tans knou.

Verder word die krisis beklemtoon weens die departement van water en sanitasie se voortgesette onvermoë om sy eie teiken van 85% vir die oplossing van klagtes binne 48 uur te bereik.

Sonder dringende ingryping om hierdie amptelike laksheid en administratiewe tekortkominge reg te stel, sal die metro se watersekerheid en dienslewering aan inwoners onverpoosd bly verswak.

Terwyl inwoners gebuk gaan onder waterbeperkings en hoër tariewe, is die ongemete onttrekking van water onaanvaarbaar.

Die VF Plus het die voorval aangemeld en die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, Jean Sthato, versoek om:

• Die voorval dringend te ondersoek en te bevestig of die optrede gemagtig was.
• Protokolle vir die gebruik van brandkrane en tenkwaens openbaar te maak.
• Duidelikheid te verskaf oor hoe wateronttrekking by brandkrane gemonitor word.
• Dissiplinêre stappe te neem waar oortredings bevestig word.

Inwoners kan nie langer die prys betaal vir ’n stelsel wat nie bestuur word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.