fbpx
Vryheidsfront Plus

Waterprobleem in Emfuleni vir eers opgelos

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se weeklange waterprobleme is vir eers opgelos, maar met die bestaande verouderde infrastruktuur en wispelturige waterdruk kan inwoners verwag om binnekort weer aan watertekorte blootgestel word.

Inwoners in Vanderbijlpark se krane het op 7 Junie leeggeloop toe ‘n pyp in een van die hoofwater-pypleidings gebars het. Herstelwerk is na ‘n paar dae afgehandel en met die verhoogde waterdruk het ‘n tweede pyp gebars.

Emfuleni se watertoevoer is drie jaar gelede deur Rand Water weens kredietbeheer-maatreëls verlaag.

Dit is gedoen omdat Emfuleni nie sy waterrekening kon betaal nie.

Die waterkrisis is in April vanjaar op die spits gedryf nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ‘n skikking buite die hof bereik het en Rand Water gedwing is om die watertoevoer te herstel. 'n Hof het dié ooreenkoms bekragtig.

Die VF Plus het deur die jare druk op die munisipaliteit geplaas om verouderde infrastruktuur te vervang en behoorlike onderhoud aan die pypleidings te doen.

Die VF Plus het inwoners tydens die wateronderbreking met Whatsapp-groepe van inligting voorsien oor waar watertrokke en boorgatwater beskikbaar is.

Emfuleni se inwoners gaan al jare gebuk onder groot water- en elektrisiteittekorte en het op 27 Oktober vanjaar die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan om te verseker dat bekwame verteenwoordigers, wat belastingbetalers se belange op die hart dra, beheer neem oor die munisipaliteit.

Navrae: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.