fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug vier nie die klug wat Jeugdag is nie; staan eerder op vir gemeenskappe

Die VF Plus-jeug vier die afgelope paar jaar nie Jeugdag nie en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Daar is werklik niks vir die jeug in Suid-Afrika om te vier nie.

Die Covid-19-pandemie het vir die jeug, veral jeug van minderheidsgroepe, bewys dat die regering nie oor hulle omgee nie. Terwyl jeugwerkloosheid seëvier en ekonomiese groei nodig is, word die jeug van Suid-Afrika geïgnoreer, teen gediskrimineer en as tweederangse burgers behandel.

Die VF Plus-jeug sal hierdie jaar, in stede daarvan om Jeugdag te vier, eerder opstaan vir hul gemeenskappe. Provinsiale jeugstrukture regoor die land is besig met gemeenskapsprojekte wat ‘n daadwerklike verskil maak.

Daar word onder meer kos vir behoeftiges ingesamel en versprei, skoonmaakaksies gedoen, opheffings- en ontwikkelingsprojekte vir werklose jeug aangebied, omgewingsbewusmakings-projekte uitgevoer, insamelingsaksies vir dierehawens gedoen en erfenisterreine skoongemaak.

Gedurende die afgelope 15 maande se ramptoestand en grendelstaat het gemeenskappe gely. Gemeenskappe is teen gediskrimineer, werk is verloor en huisgesinne en families is deur die wêreldpandemie uitmekaar geruk. Dit is daarom dat die VF Plus-jeug hierdie jaar besluit het om tesame met die munisipale verkiesing aan die einde van 2021, te fokus op gemeenskappe.

Die VF Plus-jeug het dit hiermee ten doel om te wys dat deur selfdoen ons steeds te midde van die huidige omstandighede in Suid-Afrika kan saamstaan en sterk staan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.