fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op spoedige Mangaung-burgemeestersverkiesing

Die VF Plus het in ‘n brief aan die speaker van die Mangaung-metroraad, Mxolisi Siyonzana, opnuut versoek dat die raad spoedig ‘n nuwe burgemeester moet verkies.

Tien maande nadat die vorige uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, deur ‘n mosie van wantroue deur die VF Plus verwyder is, is die pos steeds vakant.

Bykomend tot die feit dat die Mangaung-burgemeesterspos steeds vakant is, is die waarnemende burgemeester onwettig vervang deur ‘n waarnemende-waarnemende burgemeester.

Sonder politieke leiding en leierskap kan die metro nie vooruitgaan nie.

Daar is geen politieke wil om die metro se probleme op te los nie, maar weens die faksiegevegte binne die ANC word die burgemeestersverkiesing met opset uitgestel om te voorkom dat ‘n opposisielid as burgemeester verkies word.

Kiesers moet in die komende verkiesing saam met die VF Plus opstaan om te verseker dat bekwame verteenwoordigers, wat die belastingbetalers van Mangaung se belange op die hart dra, beheer neem in die munisipaliteit.

Navrae: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.