fbpx
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis wys hoe ver ANC van realiteit verwyder is

(Debat in NRP oor die watergehalte in Suid-Afrika en die regering se pogings en verantwoordelikheid oor skoon water en watersekerheid)

Die waterkrisis in Suid-Afrika maak ʼn bespotting van die regering se se missieverklaring oor diensbaarheid aan “die mense van Suid-Afrika” en wys hoe ver uit voeling die ANC met die realiteit is.

Dit word bewys deur die volgende imposante inskrywing op die webwerf van die departement van water en sanitasie:

“Ons missie is om die mense van Suid-Afrika te dien deur ‘n positiewe impak op ons land en sy mense te maak as bewaarders van ons water- en sanitasiehulpbronne en as innoverende en toegewyde vennote in die strewe na volhoubare ontwikkeling.

“Ons is gerig op diens en die uitvoering daarvan. Ons streef daarna om diens die eerste keer, elke keer, betyds reg te kry – om seker te maak dat ons burgers voorsien word van water en die sanitasiedienste wat hulle verdien.”

Hieroor kan die VF Plus net sy kop in ongeloof skud.

Die realiteit vir miljoene Suid-Afrikaners skets ʼn ander verhaal. Die verval van waterinfrastruktuur en die besoedeling van skaars waterbronne het nou reeds ʼn kritieke kantelpunt bereik.

Vrae van die VF Plus aan die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, oor riool wat in die Gariepdam gestort word, die impak daarvan en wat die departement daaraan doen, wys dat die ANC en sy minister geen erg het oor besoedeling nie.

Die minister het erken dat sy al vir twee jaar daarvan bewus is, maar het bloot die verantwoordelikheid om op te tree na ander departemente oorgeskuif. Dit laat haar koud. Intussen gebeur niks nie.

Soos op baie plekke elders in die land is nie een enkele rioolsuiweringsaanleg in die Vrystaat ten volle funksioneel nie.

Miljoene rande is oor die laaste drie dekades begroot vir die instandhouding, opgradering en oprig van nuwe infrastruktuur, maar al wat gesien word, is agteruitgang en verval.

Maar tog sal die ANC in ʼn waan van ontkenning vasklou aan sy missie en spog met sy prestasies. Niemand glo dit meer nie.

Luidens die jongste sensus het 11 miljoen mense in Suid-Afrika vandag steeds nie toegang tot kraanwater nie terwyl 48% van alle huishoudings gereeld wateronderbrekings van twee dae of meer ervaar.

Byna 30% van die bevolking het steeds nie toegang tot ‘n spoeltoilet nie. Meer as 11 miljoen mense maak steeds van puttoilette gebruik.

Water is nie ʼn luuksheid nie. Dit is ʼn basiese mensereg wat in Suid-Afrika se Grondwet verskans word. Vir die regering beteken dit niks nie.

Die tyd het aangebreek om die land van sy besoedelde water en van die ANC te reinig. Daardie geleentheid kom met aanstaande jaar se verkiesing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.