fbpx
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis is vir Bloemwater se rekening, nie vir die gebruiker nie

Bloemwater mag nie die inwoners van Bloemfontein in die Mangaung-metro finansieel verantwoordelik hou vir 'n verlies aan inkomste gedurende die vyf-daagse waterkrisis wat die stad tans ervaar nie, sê dr. Elizabeth Snyman van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metroraad.

"Die verlies aan inkomste weens die waterlekkasies en water wat gedurende die krisis aan inwoners by waterpunte verskaf is, is vir die watervoorsiener, Bloemwater, se rekening.

“Die soveelste watertekort in Bloemfontein die afgelope paar jaar vind plaas te midde van gevaarlike lae damvlakke en 'n droogte. Gebrekkige instandhoudings deur die metro se waterverskaffer, Bloemwater, dra by tot die waterkrisis wat die stad die afgelope week lamgelê het.

“Die VF Plus sal vrae aan die burgemeester, Olly Mlamleli in die Mangaung-metroraad vra om uit te vind wat die kostes van die afgelope waterkrisis beloop.

"Ons wil weet hoeveel water verlore gegaan het, wat die finansiële implikasie van die krisis vir Bloemwater sal wees en of belastingbetalers verantwoordelik gehou sal word vir Bloemwater se onvermoë om die waterinfrastruktuur in stand te hou.

“Gebrekkige of verouderde waterinfrastruktuur is net nie meer 'n aanvaarbare verskoning vir die metro se voortslepende waterprobleme is nie.

“Inwoners spaar reeds water soos deur die nasionale departement van waterwese voorgeskryf word en betaal ook verhoogde watertariewe as besparingsmaatreël.

“Die vuisvoos verbruiker mag nie verantwoordelik gehou word vir Bloemwater en die Mangaung-metroraad se onvermoë om volhoubare waterdienste en infrastruktuur te verseker nie.

“Die VF Plus sal ook in die metroraad vra vir 'n oudit van waterinfrastruktuur om te bepaal wat die tekorte aan waterinfrastruktuur in die metro is.

 

Kontaknommers: 082 305 1540

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.