fbpx
Vryheidsfront Plus

Wat twintig jaar gelede Afrika se mees ontwikkelde land was, is nou ‘n sinkende skip

Skaars ‘n jaar gelede sou ‘n mens nie kon dink dat dit slegter met Suid-Afrika onder die ANC-regering kan gaan nie, maar in die afgelope jaar was daar soveel verdere terugslae dat selfs van die voorste ANC-ondersteuners erken die land is besig om te sink onder ANC-leierskap, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies.

Adv. Alberts het vandag met die mediumtermyn-begrotingsdebat gesê hy het Suid-Afrika dié tyd verlede jaar vergelyk met ‘n skip wat beskadig is op die rotse van korrupsie, wanadministrasie, beleidsonsekerheid, kommunistiese wette en meer rasgegronde wette as onder apartheid.

Hy sê daardie skip neem nou vinnig water in, en dit is onbetwisbaar dat die mees ontwikkelde land in Afrika binne twee dekades onder ANC-bestuur tot so ‘n mate verval het dat die land talle ‘eerstes’ in sy geskiedenis beleef. Van hierdie bedenklike ‘prestasies’ is:

Adv. Alberts sê daar kan nog baie van die ANC se ‘goeie stories’ by hierdie lysie gevoeg word, maar dit is voldoende om te sê daar word nou gemaai wat gesaai is.

“Die regering sal vinnig moet wegdraai van dié selfvernietigingspad. Indien dit nie gebeur nie, sal werkloosheid verhoog, belastinginkomste sal aanhou krimp en Suid-Afrika sal al hoe nader aan die afgrond beweeg. Die skip sink al dieper weg onder die kapteinskap van die ANC,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.