Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus laat Emfuleni burgemeester aankla

Tydens 'n sitting van die Petisiekomitee vandag in die Gautengse Wetgewer, het die VF Plus daarop aangedring dat die nuwe burgemeester van Emfuleni, Mahole Simon Mafokeng, aangekla word in terme van die Gauteng Petisiewet no. 5 van 2002, artikels 13, 15 en 16.

Die burgemeester was deur die komitee op 17 November 2015 gesubpoena om bewyse voor die komitee te kom lewer. Die burgemeester het egter nie opgedaag nie en ook geen skriftelike redes verskaf waarom hy nie hierdie vergadering kon bywoon nie. Sy kantoor het slegs 'n afgewaterde e-pos aan die Gauteng Provinsie gestuur wat aangedui het dat hy sy burgemeesterskomiteelid vir behuising in sy plek gaan stuur.

Die VF Plus se LPW in Gauteng en lid van die komitee, mnr Philip van Staden, het gesê dat burgemeesters nie verhewe bo die wet is nie en dat die burgemeester die gevolge van sy dade moet dra en aangekla moet word in terme van die Gauteng Petisiewet no.5 van 2002.

Die VF Plus se voorstel is deur ander partye ondersteun en die komitee het die VF Plus se voorstel aanvaar.

Die burgemeester kan ingevolge artikel 16 van die Wet 'n boete of tronkstraf opgelê word vir 'n periode van twaalf maande of beide.

"'n Duidelike boodskap word vandag aan alle burgemeesters en amptenare van munisipaliteite in Gauteng uitgestuur. Niemand is verhewe bo die wet nie en as jy die wet oortree, maak nie saak wie jy is nie, sal jy die gevolge daarvan moet dra. As ek as verkose LPW die wet verbreek gaan ek tronk toe, as die burgemeester die wet verbreek gaan hy/sy tronk toe en as amptenare en die president die wet oortree moet hulle tronk toe gaan."

"Die verskoning van die burgemeester se afgevaardigde dat hy eers op 12 November 2015 ingesweer is, dra geen water nie. 'n Administrasie is aaneenlopend en maak nie saak wie op watter datum as nuwe burgemeester ingesweer is nie – daardie persoon is verantwoordelik vir die betrokke administrasie se dade en wandade".

 

Philip van Staden

Tel: 0840154722 of 011-4985477

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

 

Christel Liebenberg

PA/Sekretaresse: Vryheidsfront Plus/Freedom Front Plus

Gauteng Wetgewer/Legislature

Tel: (011) 498 5477

Faks: (011) – 498 5629

e-pos/e-mail: cliebenberg@gpl.gov.za / christel@vfplus.org.za

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.