fbpx
Vryheidsfront Plus

Wanadministrasie deur Mangaung verbreek talle wetlike voorskrifte

Die 2017/18 prestasieverslag as deel van die jaarverslag van die Mangaung-metro-munisipaliteit is vandag op ‘n onwettige wyse aan die munisipale raad voorgelê vir goedkeuring.

Die ANC-beheerde munisipaliteit het die goedkeuring van die verslag, wat nie aan statutêre voorskrifte voldoen nie, met ‘n meerderheidstem afgedwing. Die VF Plus en ander opposisiepartye het teen die goedkeuring van die verslag gestem en versoek dat die verslag terugverwys word en wetlike voorskrifte nagekom word voor die verslag heroorweeg word.

Wanbestuur en swak administrasie deur die ANC-beheerde munisipaliteit het ook daartoe gelei dat miljoene rand van belastingbetalers se geld vermors is op ‘n swak bestuurde projek wat daarop gemik is om klein en medium opkomende besighede in die metro te ondersteun.

Die projek wat beoog om 222 smousstalletjies in 15 blokke van Botshabelo te bou teen sowat R20 miljoen beloop reeds ‘n addisionele R6 miljoen vir ekstra werk waarvoor daar nie begroot of beplan is nie.

Astronomiese uitgawes soos die kan uitgeskakel word as die voorgeskrewe komitees, soos die wat deur artikel 80 van die Munisipale Stelselswet verplig word, behoorlik gefunksioneer het.

Die munisipaliteit het ook nie, soos wat deur die Munisipale Finansiële Bestuurswet vereis, vandag sy 2018/19 halfjaar begrotings- en prestasie-evalueringsverslag voorgelê nie.

Dit getuig van die ANC-regering se minagting van wetlike voorskrifte en hul versuim om die metro-munisipaliteit effektief te bestuur.

Ons het ‘n wettelose regering in die metro en in die land. Kiesers moet waak teen sulke magsvergrype deur terug te slaan teen wetteloosheid by die stembus in die komende nasionale verkiesing.

 

Kontaknommer: 082 305 1540

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.