fbpx
Vryheidsfront Plus

MRK moet skokkende rassisme ondersoek ná brugtragedie by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark

Die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark waar drie kinders dood is toe ‘n voetoorgang-brug ineengestort het, het ‘n skokkende rassistiese nadraai en die VF Plus dring daarop aan dat die MRK dit met dieselfde dringendheid ondersoek as in vorige gevalle waar wit persone van rassisme beskuldig is.

Ene Siyanda Dizzy Gumede het na die voorval ‘n inskrywing op sy Facebookblad gemaak wat lui: (woordeliks) “Dont have heart to feel pain for white kids. Minus 3 future problems”.

Nog ‘n persoon, ene Sam Moon, het daarop geantwoord: “Minus 3 land criminals, great news”.

Wat hierdie uitsprake vererger, is dat dit totaal gevoelloos en hartelose kommentaar is op ‘n situasie waar kinders op ‘n grusame wyse gesterf het.

Die MRK kan daarvan bewus wees dat die VF Plus sy optrede met groot belangstelling sal volg om seker te maak dit word deeglik ondersoek en met dieselfde erns as sake waar wit persone van rassisme beskuldig was.

Die MRK het telkens in sulke gevalle nie gehuiwer om sonder skroom deur openbare optrede en uitsprake te reageer teen die oortreders en sodoende direk betrokke te raak nie.

Hierdie is ‘n duidelike bewys van rassewrywing wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap opbou juis omdat ‘n organisasie soos die MRK oënskynlik nie groot erns toon om kragdadig op te tree wanneer ‘n openbare figuur soos Julius Malema mense openlik tot geweld teen wittes aanhits nie.

Die VF Plus sal nie langer staan en toekyk dat selektiewe optrede teen rassisme die maatstaf in Suid-Afrika word nie. Dit is in die belang van alle regdenkde mense in Suid-Afrika dat daar kragdadig, maar sonder vooroordeel, teen enige persoon opgetree word wat hom of haar aan rassisme skuldig maak.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.