fbpx
Vryheidsfront Plus

Voortslepende finansiële wanbestuur kelder Mogale City

Die ANC-beheerde Mogale City-munisipaliteit se halfjaar-vorderingsverslag wat gister aan die raad voorgelê is, is selfs meer skokkend as vorige jare onder die ANC-bewind.

Die dorp word hoofsaaklik gesubsidieer deur 'n handvol belastingbetalers wat die onmoontlike moet vermag om al die inwoners se dienstelas alleen te dra.

Luidens die munisipaliteit se finansiële invorderingsverslag word dienstebelasting soos volg ingewin: Krugersdorp 97%, Azaadville 97%, Magaliesburg 89%, kleinhoewes 95%, plase 93% en 'ander' (besighede, skole, kerke) 84%.

Gebiede wat jare reeds groot kommer wek, is Kagiso wat 40% bydra, Munsieville 45% en die grootste probleem – Lusaka met 31%. Skuld aan diensverskaffers beloop meer as R104 miljoen waarvan R1,6 miljoen reeds 120 dae uitstaande is.

Die verslag dui aan dat Mogale City Eskom R57 miljoen skuld en Rand Water R60 miljoen vir meer as 60 dae. Die munisipaliteit is ook R10 miljoen agterstallig met hul bydrae tot die personeel se pensioenfonds en R9,5 miljoen agterstallig aan werkloosheidsversekering (UIF). Dit raak selfs moeilik om die maandelikse rente op agterstallige skuld te betaal.

Gedurende die raadsvergadering waar die finansiële moniteringsverslag bespreek is, is gevra waarom diensverskaffers so lank vir hul geld moet wag. Die antwoord was dat diensverskaffers nagelaat het om betyds fakture in te handig. Die Vryheidsfront Plus aanvaar nie die swak verskoning nie.

Die ANC se onvermoë om die munisipaliteit behoorlik te bestuur, word verder beklemtoon deur die afskryf van R13,7 miljoen aan onreëlmatige uitgawes in die vorm van rente wat aan Eskom betaal moet word weens wanbetaling. ‘n Verdere R3,6 miljoen is weens vrugtelose en verkwiste uitgawes afgeskryf.

Mogale City het geen stelsel vir fiskale dissipline in plek nie. Dit is 'n ope vraag wat van al die geld word wat ingewin word aangesien dit beslis nie in die ekonomiese welvaart van die dorp belê word nie.

Die algemene toestand van Krugersdorp is gehawend terwyl daar oral half-voltooide behuisingsprojekte is wat nie deur die vereiste dorpsontwikkelingskanale goedgekeur word nie. Dit skep die indruk dat die ANC munisipale fondse misbruik om verkiesingsbeloftes na te kom.

 

Kontaknommer: 071 604 9498

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.