fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Pretoria eis optrede teen metroraad-stadsbestuurder

Die VF Plus in Pretoria neem kennis van bewerings rakende 'n onreëlmatige kontrak tussen die maatskappy Glad Africa en die Tshwane-metroraad en sal, indien die stadsbestuurder homself skuldig gemaak het aan onwettige praktyke, vra dat daar teen hom opgetree word.

Dit volg nadat ‘n dokument uit die Ouditeur Generaal (OG) se kantoor gelek het wat na bewering aandui dat ‘n bedrag van R317 miljoen reeds as onreëlmatig deur die OG geklassifiseer is.

Tshwane se stadsbestuurder, dr. Moketsi Masola, is einde verlede jaar daarvan beskuldig dat hy by onreëlmatighede met ‘n waarde van sowat R12 miljoen betrokke was. Masola het dit ten sterkste ontken.

Koalisie-vennote in die metro het ‘n ondersoek na die onreëlmatighede aangevra waarna Masola die saak in die Arbeidshof geblokkeer het.

Die VF Plus verwag sterk optrede teen die stadsbestuurder indien hy skuldig bevind word aan onreëlmatighede. Dié party gaan ook die ondersoek verder vanuit die openbare rekeningekomitee dryf, en vra dat die onreëlmatige uitgawes van dr. Masola verhaal word.

Die finale verslag van die OG sal eerskomende Donderdag (31 Januarie), tydens die maandelikse raadsitting ter tafel gelê word. Die beweringe sal dan moontlik bevestig word waarna optrede teen die stadsbestuurder oorweeg sal word indien nodig.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.