fbpx
Vryheidsfront Plus

Waarskuwings oor waterkrisis raak nou ‘n werklikheid vir Nelson Mandelabaai

Die VF Plus is bekommerd daaroor dat die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) nie eens gehoor gegee het aan hul eie aanmanings om water te bespaar nie, maar ook nie na die VF Plus geluister het om hulpbronne op te bou om “Dag Zero” te voorkom nie.

Die metro skarrel tans om genoeg watertenkwaens oor verskillende gebiede in die metro te ontplooi om inwoners wat reeds vir 72 uur sonder water sit, van water te voorsien.

Aangesien die ANC-beheerde metro nie beskik oor genoeg hulpbronne om sommige wyke van water te voorsien nie, ry inwoners van een buurt na die ander, op soek na water.

Alhoewel die metro reeds vanaf 2018 aanmanings uitgestuur het na inwoners om water te bespaar, het hulle eers hierdie jaar daadwerklike pogings aangewend om lekplekke reg te maak en dit kan te laat wees aangesien die vier groot damme wat die metro van water voorsien, staan op 'n gesamentlike vlak van 18.84%.

Probleme wat die metro ondervind, is dat daar duidelik te min watertenkwaens is om al die gebiede waarvan die krane reeds droog is, te help.

Beurtkrag en kragonderbrekings veroorsaak dat reservoirs se vlakke ook nie kan herstel nie en die druk is te laag om water te voer na sekere woongebiede.

Laastens is dit kommerwekkend dat van die water wat aangebied word en verkry word van die watertenkwaens, nie geskik is as drinkwater nie en eerder na grys water lyk.

Die VF Plus doen 'n beroep die metro om nou dringend op te tree om gereed te wees vir die huidige en toekomstige waterkrisisse.

Die VF Plus sal saam met die inwoners nie skroom om druk op die metro te plaas om die situasie te beredder nie.

Navrae: 072 582 34 61

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.