fbpx
Vryheidsfront Plus

Vullisverwydering in Emfuleni drasties afgeskaal

Vullisverwydering in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is drasties afgeskaal nadat daar in Desember op ‘n groot aantal van die munisipaliteit se voertuie beslag gelê is en diensverskaffers nie betaal is nie.

Die beslagleggingsbevel is die nagevolg van Emfuleni wat nie sy agterstallige Eskomrekening betaal het nie.

Indien daar nie dringend ‘n afbetalingooreenkoms met die nasionale energieverskaffer aangegaan word nie, sal die voertuie en ander roerende bates Vrydag op ‘n veiling verkoop word.

Emfuleni moes reeds in die verlede vullisverwyderingsdienste afskaal weens ‘n tekort aan voertuie.

Dit veroorsaak ‘n rotplaag en mense wat onwettig vullis langs paaie stort.

Die VF Plus het die waarnemende munisipale bestuurder, April Ntuli, gemaan dat indien daar nie ‘n werkbare ooreenkoms met Eskom aangegaan word nie, die munisipaliteit maar sy deure kan sluit.

Ander diensverskaffers gaan spoedig Eskom se voorbeeld volg indien die wanbetalingsprobleem voortduur.

Emfuleni is ‘n sprekende voorbeeld van hoe die ANC inwoners van Gauteng gefaal het.

Inwoners moet met die bekendstelling van die jaarlikse konsepbegroting hul stem laat hoor en kapsie maak teen buitensporige tariefverhogings vir dienste wat nie gelewer word nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.