Welverdiend in Carletonville wat al ses dae sonder krag is weens ‘n transformator wat uitgebrand het, se situasie kan vir ‘n paar dae voortduur terwyl die munisipaliteit probeer om die skade te herstel.
Die transformator is nie alleen die oorsaak van die krag probleem nie. Verskeie kabels in Welverdiend is ook gesteel en nog nie vervang nie.
Die VF Plus het die waarnemende munisipale bestuurder van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela), Siyethemba Mdeletsi, gevra om alles in sy vermoë te doen om Welverdiend se elektrisiteit spoedig te herstel.
Inwoners word reeds swaar gestraf met beurtkrag en moet daagliks alternatiewe maniere vind om kos gaar te maak en lig te voorsien.
Inwoners van Welverdiend word verder gestraf weens die onvermoë van die munisipaliteit om kritieke infrastruktuur te onderhou.
Inwoners van Welverdiend het Dinsdag hul misnoeë met die munisipaliteit getoon deur die R559 na Potchefstroom te versper met klippe en buitebande te brand.
Alhoewel die VF Plus inwoners se frustrasies verstaan, is gewelddadige protesoptrede nie die oplossing vir swak dienslewering nie.
Die enigste oplossing is om by die stembus van die onbevoegde ANC-regering ontslae te raak.
Die inwoners van Merafong verdien beter as die ANC.