fbpx
Vryheidsfront Plus

Vullis in Kempton Park hoop op terwyl stukkende trokke staan

Die Ekurhuleni-metroraad se onvermoë om dienste aan Kempton Park te verskaf en noodsaaklike onderhoud aan munisipale voertuie te doen, veroorsaak dat dié dorp se vullisverwydering-skedule agter is en dit kan ‘n rotteplaag veroorsaak aangesien rotte reeds hul intrek in die vullis geneem het.

Die VF Plus het die burgemeester, Mzwandile Masina, reeds tydens ‘n begrotingsvergadering vroeër vanjaar gewaarsku dat daar nie genoeg ruimte in die begroting gemaak word vir basiese dienslewering en onderhoud nie. Hierdie is een van die redes waarom die party nie die begroting kon goedkeur nie.

Vullisverwydering in Kempton Park is lank reeds ‘n probleem. Vullis word ongereeld verwyder en daar gaan soms weke verby voordat ‘n vullisverwyderingstrok opdaag. In sekere gevalle word asblikke gesteel omdat dit dae lank op die sypaadjies staan.

Slegs vier vullisverwyderingtrokke is tans in ‘n werkende toestand wat ‘n reuse agterstand veroorsaak. Dit is feitlik onmoontlik vir vier trokke om die agterstand uit te wis.

Hierdie situasie skep ‘n gesondheidsrisiko en ‘n rotteplaag.

Inwoners van Kempton Park betaal vir basiese dienste en daarom moet die metro hierdie diens op ‘n gereelde basis voorsien.

Die metroraad het ‘n verantwoordelikheid teenoor sy inwoners om die omgewing skoon en netjies te hou en die VF Plus sal aanhou om druk te plaas op die raad om hieraan uitvoering te gee.

Kontaknommer: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.