fbpx
Vryheidsfront Plus

Skok-ontvoering van vyfjarige wys kinders is weerloos in hande van misdadigers

Die gereg moet geen simpatie betoon vir persone wat by misdaad teen kinders betrokke is nie soos met die jongste voorval waar vier persone die vyfjarige Amy-Lee de Jager van Vanderbijlpark uit haar ma se hande geruk en met haar gevlug het.

Die mans het met Amy-Lee in ‘n wit Toyota Fortuner vanuit ‘n parkeerterrein oorkant die Laerskool Kollegepark gevlug. Die polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was binne minute besig om te help soek. Paaie is gepatrolleer en ingange na voorstede is geblokkeer.

Die VF Plus se raadslid in Vanderbijlpark, me. Gerda Senekal, ‘n lid van die poisiëringsforum, het haar dadelik by die georganiseerde span geskaar om te help met die soektog.

Volgens Missing Children South Afrika word daar daagliks voorvalle aangemeld van kinders wat wegraak. Hierdie kommerwekkende tendens kan nie voortduur nie en die polisie sal spesiale aandag aan die voorkoms van kinderontvoering moet gee.

Die veiligheid en beskerming van kinders is nie net die verantwoordelikheid van owerhede en organisasies nie. Ouers het ‘n plig om toe te sien dat hul kinders veilig is en moet hulle na hul bestemming vergesel en daar gaan haal indien moontlik.

Die VF Plus raai ouers aan om betroubare elektroniese hulpmiddels te gebruik om veral jong kinders te volg en sodoende te weet waar hulle beweeg. Kinders kan ook geleer word om hul ouers sodoende in kennis te stel indien hulle hulp benodig.

Die VF Plus-Jeug hoop dat Amy-Lee gou gevind sal word en dat die oortreders eindelik so swaar moontlik gestraf sal word. Die party wil ook die polisie en GPF-lede vir hul vinnige optrede bedank.

Kontaknommer: 079 224 7321

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.