Die VF Plus se raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipalitiet, Gerda Senekal, het vandeesweek ‘n gesogte toekenning van die Gouedriehoek-sakekamer ontvang vir haar onbaatsugtige werk in die gemeenskap.
Die Peerless Pioneer-trofee word toegeken aan buitegewone gemeenskapsleiers wat as voorbeeld en aansporing dien vir ander. Die sakekamer het Senekal geloof vir haar ywer en leierskap.
Die geselligeheid is in die Emerald Resort and Casino aangebied en is bygewoon deur bekende sakelui en gemeenskapleiers in die Vaaldriehoek.
Senekal het deur die jare ‘n sterk band met sakelui opgebou en is baie gemoeid om diensleweringsprobleme in die gemeenskap uit te stryk.
Armoede en hulpbehoewendes lê Senekal ook na aan die hart en sy bied groot ondersteuning aan sopkombuise. Sy het onlangs ook ‘n projek geïnspireer om die dak van ‘n substasie te herstel. Sy veg op elke moontlike platvorm vir die regte van Emfuleni se inwoners.
Volgens Senekal was die toekenning ‘n groot verrassing, maar is sy dankbaar vir die erkenning en sal aanhou veg vir die mense en omgewing van Vanderbiljpark om sodoende die gebied weer ‘n ekonomiese groeipunt te maak.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 076 616 2124