Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaters verdien beter as onbefondsde begrotings, skuld en onderbesteding in munisipaliteite

Slegs twee plaaslike- en vier distriksmunisipaliteite van die 23 in die Vrystaat het in die huidige boekjaar befondsde begrotings.

Slegs die Moqhaka- en Metsimaholo-plaaslike munisipaliteite se begrotings is befonds. Die vier distrikte (Fezile Dabi, Thabo Mafuntsanyane, Lejweleputswa en Xhariep) se begrotings is nie van diensteheffings afhanklik nie.

In ‘n verslag van die Vrystaatse tesourie oor die stand van finansies in dié provinsie, erken die tesourie ook dat die res van die munisipaliteite in ‘n finansiële verknorsing is.

Die munisipaliteite se begrotings is nie realisties nie aangesien die verwagte invordering van inkomste om die begroting te laat klop, eenvoudig nie plaasvind nie.

Die munisipaliteite met die grootste debiteureskuld is Mangaung (R6,99 miljard), Matjhabeng (R5,41 miljard), Metsimaholo (R2,48 miljard) en Maluti-A-Phofung (R2,17 miljard).

Dit is agterstallige skuld wat ingevorder moet word om te verseker munisipaliteite se begrotings is realisties en uitvoerbaar.

Vrystaatse munisipaliteite het teen die einde van Junie 2022 gesamentlik hul krediteure R21,94 miljard geskuld. Weens kontantvloei-probleme word afbetalingsooreenkomste met Eskom en waterrade nie nagekom nie.

Intussen het munisipaliteite in die vorige finansiële jaar gesamentlik meer as 60% van die toelaes wat ontvang is, onderbestee.

Dit is onverskoonbaar dat slegs 39.5% van die toelaes om infrastruktuur te verbeter, bestee is.

Die VF Plus sal in die provinsie se openbare rekeningekomitee die ANC-geleide munisipaliteite en hul mislukkings wat dienste affekteer, tot verantwoording roep.

Begrotings wat jaar na jaar nooit klop nie, jaarlikse onderbesteding waar dringende dienste en infrastruktuur nodig is, en agterstallige skuld weens wanbetaling deur die ANC-geleide munisipaliteite kniehalter dienslewering.

Inwoners van die Vrystaat verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.