Premier Magashule is verward oor die onderskeid tussen staat en party. Hy het dit duidelik tydens sy termyn tot op hede getoon. Regeringsprojekte, staatsfondse, aanstellings en besluite is deurgaans tot eksklusiewe voordeel van die ANC aangewend tot nadeel van die Vrystaat.
Dit is egter lagwekkend dat die premier die Gariep Visseryprojek as ’n geslaagde en suksesvolle projek aanbied. Hierdie projek is ’n totale mislukking. Fondse is wanbestuur en die provinsiale regering is grootliks verantwoordelik vir die mislukking.
Dit is onaanvaarbaar dat minister Tina Joemat-Pettersson sê dat sy “tevrede” is met die vordering van die visseryprojek, dit nadat daar na twee jaar en R100 miljoen geen visse geproduseer word nie.
Dit het tyd geword dat die mense van die Vrystaat se oë opgaan en hul sien dat Magashule en die regerende party slegs in hul eie verryking belangstel en gefaal het om na 19 jaar die lewensomstandighede van die mense van die Vrystaat te verbeter. Die VF Plus veg vir ’n beter toekoms vir almal.
Kontaknommer: 082 674 6670