fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse brande: Krisisbestuur nie genoeg nie

Brande wat Maandag en Dinsdag grootskaalse verwoesting in die Vrystaat gesaai het, kon beter beheer word indien die ANC-regering die veiligheid van inwoners eerste gestel het.

Brande het vanaf onder meer Petrusburg en Koffiefontein in die Letsemeng-plaaslike munisipaliteit na ander dele van die provinsie versprei. Dit is 'n direkte oorsaak van dié munisipaliteit se gebrek aan brandbestrydingstoerusting.

Die VF Plus waarsku die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die provinsie vir maande reeds teen die gebrekkige brandbestrydingshulpbronne.

Die munisipaliteit het net een brandweerwa tot sy beskikking. Uit gesprekke met die owerhede gedurende die brande was dit duidelik dat brandbestrydingspersoneel ook nie gereed was om die brande te blus nie.

Boere en inwoners is weereens aan hulle eie lot oorgelaat om die brande te blus.

Die VF Plus was deurentyd in gesprek met die burgemeester van Letsemeng, Abram Lebaka, en die LUR vir Cogta, Thembeni Nxangisa. Dit is duidelik dat die ANC net krisisbestuur wil toepas, maar nie eens dít suksesvol kan doen nie.

Die departement het sedertdien spanne na die brandgeteisterde gebiede gestuur. Dit is egter te min te laat. Talle boere se veld is verwoes en diere het doodgebrand.

Die VF Plus sal in die Vrystaatse wetgewer vra watter munisipaliteite in die Vrystaat nie voldoen aan rampbestuurswetgewing nie en wat gedoen word om te verseker dat Vrystaatse munisipaliteite inwoners teen brande beskerm.

Kiesers moet in die komende verkiesings saam met die VF Plus opstaan en saamstaan om te verseker dat munisipaliteite gesuiwer word van onbekwame en onwillige amptenare wat sulke kritieke infrastruktuur sienderoë laat vergaan en sodoende die land se toekoms bedreig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.