fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom skorsing van die hoof finansiële beampte van Kgetlengrivier

Die VF Plus verwelkom die optrede teen die hoof finansiële beampte van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit (Koster, Swartruggens en Derby), mnr. Sipho Ngwenya, wat geskors is hangende ‘n ondersoek na ernstige finansiële ongerymdhede in die munisipaliteit.

Die raad se besluit om hom te skors volg ná verskeie klagte van nalatigheid, finansiële wanbestuur, wanaanwending van munisipale fondse en ongerymdhede met verkrygingsprosesse teen Ngwenya gebring is.

Die skorsing sal voorlopig vir drie maande geld hangende ‘n indringende ondersoek na die bestuur van die munisipaliteit se geldsake. Verdere klagte teen Ngwenya kan volg hangende die uitslag en vordering van die ondersoek.

Mnr. Maranatha Khuno is intussen aangestel as waarnemende hoof finansiële beampte.

Die inwoners van Kgetlengrivier het al vir jare te kampe met ‘n verval in dienslewering en infrastruktuur.

Die VF Plus sal voortgaan met volgehoue druk in hierdie ANC-beheerde munisipaliteit om te verseker dat diegene verantwoordelik vir die verval aanspreeklik gehou word.

Kiesers moet in die komende verkiesings saam met die VF Plus opstaan en saamstaan teen die wanbestuur van ANC-beheerde munisipaliteite. Dit kan nie langer toegelaat word dat dorpe die afgrond in bestuur word deur die ANC en hul ontplooide kaders nie.

Navrae: 074 877 1155

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.