Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-regering plaas Nala onder administrasie

Die VF Plus neem kennis van die Vrystaat-regering se ingryping by die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) in gevolge artikel 139(1)(b) van die Grondwet wat bepaal dat die provinsiale regering waar nodig alle uitvoerende magte mag oorneem.

Die LUR vir samewerkende regering en menslike nedersettings (Cogta), mnr. Saki Mokoena, het gister tydens ’n vergadering met raadslede, munisipale bestuurders en senior amptenary die regering se besluit aangekondig.

‘n Artikel 106-ondersoek sal ook van stapel gestuur word om beweerde wanadministrasie, bedrog, korrupsie of ander ernstige onreëlmatighede binne dié munisipaliteit te ondersoek.

Hierdie tweeledige ingryping is ‘n reaksie op toenemende bestuurs- en finansiële mislukkings binne die munisipaliteit, asook die versuim om aan wetlike vereistes en diensleweringsverpligtinge teenoor inwoners te voldoen.

Die provinsie sal vir drie maande administratiewe beheer uitoefen oor kritieke funksies soos finansies, menslike hulpbronne, tegniese dienste en regsake, onder leiding van ‘n aangewese hoof uitvoerende verteenwoordiger, mnr. Amos Goliath.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle strukture binne die Nala-munisipaliteit om saam te werk in belang van goeie regering en effektiewe dienslewering aan inwoners.

Die enigste manier om die munisipaliteit te red, is om van die ANC ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER

Switching language?

You've switched the language and there are items in the cart. If you keep the Afr language, the cart will be emptied and you will have to add the items again to the cart.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.